
=====================================================================
Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig?

Adinda Vermaak gee wenke oor die bevordering van 'n leeskultuur by kinders, onderwysers en ouers.

Alle mense ter wreld kan jy, so s hulle, in twee groepe indeel: di wat moeilik 'n boek neersit en di wat moeilik 'n boek optel. Tieners 
val in die laaste groep.

"Ek sal jou s wie se skuld dit is!" Mnr. Arrie Meijers, adviseur: inligtingsvaardighede van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, is bekend 
daarvoor dat hy nie doekies omdraai nie. "Dis altyd 'n kwessie van geld ook, maar gaan soek maar die skuld by die ouers en die onderwysers. 
Ouers kla oor hul kinders nie boeke lees nie, dan is daar nie eens 'n koerant in daardie huis nie?"

Arrie Meijers vertel hoe hy as bibliotekaris by die Outeniqua Horskool op George gesorg het vir koerante in die biblioteek. "Let Wel: nie 
in die hoof se kantoor of in die personeelkamer nie. Maandae al voor skool het die ouens gekom, kinders wat nooit 'n boek gelees het nie, 
om die sportberigte te lees. Dan gryp ek 'n ou nader en s, 'Hei man, het jy al hierdie nuwe boek oor sport gesien? Gaan lees dit en kom s 
wat jy daarvan dink.' So begin dit."

Daar word ges 'n leser word gemaak en nie gebore nie. Iemand moet 'n kind bekend stel aan boeke. En as die ouers dit nalaat, rus die 
verantwoordelikheid op die onderwyser. Hier bly voorlees steeds die beste metode, soos bewys is deur navorsing in Amerika en elders

Ek het elke jaar vir die standerdsessies uit Alba Bouwer se Stories van Ruyswyck voorgelees. Daardie standerdsessies het lankal alles 
vergeet wat ek hulle geleer het oor woordsoorte of leestekens, maar hulle onthou nog vir Alie Neethling, die Vrystaatse standerdsewetjie 
jare gelede op 'n Bolandse skool.

Die geheim van voorleessukses is: kies die boeke waarvan die kinders die meeste hou. 'n Paar jaar gelede het Carl Steyn se boek Middelvoor 
die ATKV-prys as die gewildste boek vir tieners gewen. Die sinne is redelik eenselwig, geen sprankelende, verrassende taal nie, die tipiese 
nuwe-kind-by-die-skool-boek. Maar almal in die graadnegeklas is daardeur geboei  nie net die hokkiespelers nie. Hulle kon die volgende 
storieperiode onthou presies wr in die hokkiewedstryd die storie was toe die klok gelui het.

Dr. Nicol Faasen van Tafelberg Uitgewers erken dat bemarking 'n rol speel. "Min kinders sal op hul eie 'n boek lees as dit nie aan hulle 
bekendgestel is nie. Baie goeie boeke bly dus ongelees."

Bemarking is peperduur. Die Amerikaners het lankal bevind dat niks 'n boek so goed verkoop soos die mens agter die boek nie. 'n Onderhoud 
oor die TV en interessante brokkies in 'n tydskrif oor die rrige mens verkoop baie meer boeke as 'n glansadvertensie.

Met nog iets is die Amerikaners en Britte ons voor. Hulle skrywers besoek gereeld skole  en nie net om 'n deel uit een van hulle boeke 
voor te lees nie; dit kan 'n onderwyser ook doen. Die bekende Amerikaanse digter van kinderverse Michael J. Rosen besoek ongeveer 200 skole 
per jaar. En sy digbundels word gelees n gekoop.

Hier in Suid-Afrika soek die onderwysers gewoonlik eers 'n dag of twee voor Wreldboekdag haastig na iemand wat met die kinders kan praat 
"oor boeke". Die res van die jaar is die kinders aan die handboek en die voorgeskrewe boek uitgelewer.

Iemand wie se bruisende geesdrif vir boeke en lees die hele skool benvloed, is Corrie Steyn, bibliotekaresse van die Laerskool Hermanus. 
"Die hoof van ons junior primre afdeling glo 'n kind moet ten minste vyf stories op 'n dag hoor. So word hulle luistervaardighede 
ontwikkel en dan strm hulle na die biblioteek om slf daardie stories te lees! En ons skoolbeleid is een van die boeke wat uitgeneem 
word, moet 'n Afrikaanse boek wees."

Sy ken kinderboeke en sy ken kinders. "Moenie vir 'n kind jok nie. Volgende keer glo hy nie wat 'tannie Corrie' van 'n boek s nie. Die 
belangrikste is: die regte boek vir die regte kind  en so kry jy almal aan die lees."
---------------------------------------------------------------------

Mnr. Pedro Booyse van die Primre Skool Maskam by Vanrhynsdorp s hy het "van die biblioteek weer 'n biblioteek gemaak". Hy het sy eie 
Afrikaanse tydskrifte skool toe gebring. Ou voorgeskrewe boeke is uit die boekstoor gehaal en in sy klas gebre sodat die kinders, naas 
hulle voorgeskrewe boek, kan kies of hulle byvoorbeeld Tien vir 'n vriend van Marita van der Vyver of Botsing onvermydelik van S.E. Hinton 
wil neem en lees.

Dis insiggewend en gewoonlik hartverskeurend om te lees wat tieners in hulle "leesgeskiedenis" skryf hoe hulle begin lees het, watter boeke 
kleintyd 'n indruk op hulle gemaak het, en waarom hulle nou minder lees. Feitlik sonder uitsondering word die vinger na die skool gewys.

Wat gebeur as 'n onderwyser geesdriftig sy boekekennis oordra? Dan sit daar kinders in die klas as jy nuwe boeke kom bekendstel en hulle 
kan nie wag om te prt oor boeke nie!

Dit gebeur by die Horskool Graafwater aan die Weskus, waar mnr. Johan Koortzen, die skoolhoof, ook die senior Afrikaanse onderwyser is. 
"Die leerders gaan in die sogenaamde 'toesigperiodes' biblioteek toe en mt boeke uitneem. As 'n ou nie 'n boek gelees het nie, kan hy nie 
'n resensie skryf, kry hy nie 'n goeie stelwerkpunt en ook nie 'n goeie kwartaalpunt nie."

Hy is self 'n leser n 'n koper van Afrikaanse boeke wat sy eie nuwe boeke op 'n tafeltjie in die klas laat l met 'n uittekenboek daarby. 
Die kinders kan nie wag om daardie splinternuwe boeke te lees nie. Praat maar met die kinders van Graafwater oor boeke!

Dr. Faasen sien dit uit 'n ander perspektief: "Sommige kinders hou nie van boeke nie, van Afrikaanse boeke nie, want hulle dink 'n boek is 
werk. Hulle sien boeke as iets wat 'behandel' word op skool."
---------------------------------------------------------------------

Onderwysers wat spog met A-simbole in hulle tientalle aan die einde van die jaar, maar wat nie die kinders in hulle klasse lief gemaak het 
vir lees nie, moenie gelukgewens word nie. Selfs snertlesers staan 'n kans om later beter boeke te lees, maar nielesers bly nielesers. Ons 
het wonderlike kinder- en jeugboeke in Suid-Afrika in al die amptelike tale. As mense hulle maar net wil koop en sorg dat die kinders hulle 
lees.

"Dis een van ons groot probleme," s mnr. Keith de Wet, hoof van die Primre Skool Brckner de Villiers op Stellenbosch. "Die onderwysers 
dink daar moet eers 'n bronnesentrum by 'n skool wees voor hulle aandag gee aan lees. Ek besef al hoe meer ons moet almal saamwerk om by 
ons kinders 'n kennishonger en 'n leeslus aan te wakker."

Waar is die onderwyser wat sal s: "Ek het nie kans gehad om julle opstelle klaar na te sien nie, want ek kon gisteraand nie Koos Kombuis 
se boek Seks & drugs && boeremusiek neersit nie. Kom ek lees vir julle hierdie stuk wat my so getref het."

Toe ek twee jaar gelede by die Horskool Settlers in Bellville tienerboeke bekendgestel het  aan Engelssprekende tieners  het die 
biblioteekjuffrou die lys nuwe boeke dadelik vir die skoolbiblioteek aangekoop. Twee weke later s die Afrikaanse juffrou wat my genooi 
het, die kinders neem die boeke gretig uit en lees hulle. "En vir Luc en Libertine (Marzanne Leroux- van der Boon) is daar 'n waglys van 
dertig!"

Ongelukkig ken baie onderwysers net die voosgevatte stapel voorgeskrewe leesboeke op die klaskamerrak. Raai hoeveel onderwysers  en dus 
ook matrieks  wat vanjaar Kringe in 'n bos behandel het, is verbaas om te hoor Dalene Matthee het ander boeke ook geskryf? Adinda Vermaak 
is Adviseur: Kurrikulumbronne by EDULIS, die Onderwysbiblioteek en Inligtingsdiens van die WKOD.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7422.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

